About the Event

Die reuse Theuns Jordaan Tribute-vertoning op Loftus Versfeld in Maart vanjaar was ‘n belewenis. Kaapstad kan gereedmaak vir die Moederstad se grootste Afrikaanse konsert nog, op 6 Januarie 2024. Vanwee die groot aanvraag het organiseerders nou ook spesiale BBP-pakkette beskikbaar gemaak vir bedryfsbesighede. As CEO of MD moet jy dit nie misloop nie! Beindruk jou klante of bederf jou werknemers in die DHL Stadion.